Amanda Strydom - Ek Loop Die Pad Lyrics

Lyrics Ek Loop Die Pad - Amanda Strydom



Ek loop die pad al lank, my lam
So kaalvoet deur die kou
Van doeriekant se doringveld
En kyk hoe lyk ek nou
Ek loop die pad so sonder hoed
Deur son en wind en grou
So kaalvoet op die slingerpad
En kyk hoe lyk ek nou
My lam, die gras is soms so groen
Die son is soms so lou
Maar ek loop hierdie pad alleen my lam
En kyk hoe lyk ek nou
Onthou jy nog hoe ons kon loop
So loslyf en verspot
So vlieg - vlieg oor die koppies heen
'N Ragab en 'n Lot
Maar nou loop ek alleen, my lam
So kaalvoet deur die kou
En soms, net soms, dan wonder ek
My lam, waar is jy nou
En soms, net soms, dan wonder ek
My lam, waar is jy nou?



Writer(s): Strydom Amanda


Amanda Strydom - Briewe Uit Die Suide
Album Briewe Uit Die Suide
date of release
19-03-2007



Attention! Feel free to leave feedback.