Bittereinder - Houvas Lyrics

Lyrics Houvas - Bittereinder



Ek ken die seer van ou passie, ek het nie meer 'n houvas nie
Dit glip tussen my vingers en die ink is net 'n reaksie
In stories van die mensdom, die glorieryke dom mens
Die lyke op die slagveld en die duiwel met sy vol pens
Ek struikel oor my hol wens en huil oor die leemte
Aan die gatkant van die wêreld my rympies se verlede
Veels te swaar vir my gewete, hou my wakker op die snelweg
In die nag en as dit reën en in die oop mond van die hel
Dis sleg om alles te onthou as mens net elke keer die merk mis
Die rondsit en die niksdoen maak my sommer nou vir werk lus
Ek's perdfris, tog glad nie, my woorde sit soos gom vas
Die konteks wil my versmoor en ek verbrand soos 'n dompas
Die kompas van duister is geyk en vervelig
En ek giggel oor die rockstars wat nie leer van die verlede nie
Patrone sou selfs snaaks wees as dit nie so blerrie hartseer was nie
Tieners kots al harder want ons het nie meer 'n houvas nie
Ek moet glo dis moontlik
Selfsal voel dit of ek te hoog mik
Slag die prins wat op daai troon sit
Ons moet glo dis moontlik
Ek wil van liefde en koue water leef, blydskap deur die donker weef
'N rustigheid ten midde van die oorlogshart beleef
Maar 'n gewapende vrede trek nou verdraagsaam my bene en dis 'n
Rigting wat ek eerlik vrees ek glad nie kan oorleef nie
En ek glimlag met my slagtande, want vriendelikheid kos niks nie
Die illusies van my goedheid stort nou neer as ware fiksie
Ek's 'n dier wat bloed geproe het, en my instink is getrou
Ek sien my vyand en sy slagaar is die diepste blou
Daar's gedeeltes van myself wat heeltyd sterf in die onweer
Maar die wapens wat my opkerf is tog saggeaard en teer
En ek grou vir selfbeheersing en 'n houvas in die stryd, want
Net tyd kan getuig van die soetheid van die vrye man



Writer(s): Jaco Van Der Merwe, Louis Minnaar, Peach Van Pletzen


Bittereinder - Die Dinkdansmasjien
Album Die Dinkdansmasjien
date of release
02-11-2012




Attention! Feel free to leave feedback.