Francois van Coke feat. Jack Parow - Moenie Bang Wees Nie Lyrics

Lyrics Moenie Bang Wees Nie - Jack Parow , Francois van Coke



Moenie bang wees nie
Jy kan in jou lewe vrede vind
Moenie bang wees nie
Op 'n wentelbaan, alleen
Onveilig in eentonigheid
Ek wil die lewe en sy wonder sien
Niks is verniet nie
Voor die aarde almal uitdroog
Die toekoms word nou geskryf
Gaan volheid al val jou uit
Al val jou uit
Hier staan en skree ek na donker dissipels op my horison
Ek wil weghardloop maar die lewe is te fokken boring sonder ons
Ek's weereens manipuleer deur 'n swarthaarslang se tong
En ek's vasgevang in gif, op soek na ons beloofde donker grond
In die nag dans en konkel hekse diep in my gedagtes rond
In die donker word my gedagtes ongelooflik ongesond
Geboeiend vasgehou deur vreemde volk en swart gebouens
Raak ek wakker elke oggend met die duiwel skreeuend op my skouer
Moenie bang wees nie
Jy kan in jou lewe vrede vind
Moenie bang wees nie
Ek het niks onder beheer nie
Die appel val nie ver van die boom nie
Produk van my omstandighede
Al wil ek dit ontken
Ek wou nooit lank lewe nie
Maar ek dink die ergste deel is hier
Realiteit vervreem
Realiteit vervreem my
Daar's niemand om te blame vir my nuwe lot en verlore tyens
Want dis ek wat al die spoke ingelaat het in my huis in
Maar nou's ek hier verweer, al weer gestuur in vuur en vlamme vas
En ek wens nog ek kon jou wegkry elke keer as ek my hande was
Maar elke keer as jy sien ek raak weer bietjie beter sonder jou
Stuur jy jou seekat-tentacles om my af te druk en vas te hou
Maar nou's ek terug in die lug, klaar geskree en klaar gehuil
En op die einde van die dag is daar wonderwerke wat in my woorde skuil
So moenie bang wees nie, want saam met ons kan jy vrede vind
En moenie verlang na iets wat al lankal in die verlede is
In 'n land waar probleme so ons emosies beheer
Kan jy saam met ons die verlede verwerp en verskeur



Writer(s): Zander Tyler, Fred Den Hartog, Jedd Kossew, John Eddington Hunte Kennedy, Francois Badenhorst


Francois van Coke feat. Jack Parow - En Vriende
Album En Vriende
date of release
13-07-2018



Attention! Feel free to leave feedback.