Koos Kombuis - Bicycle Sonder 'N Slot Lyrics

Lyrics Bicycle Sonder 'N Slot - Koos Kombuis



Karin, onthou jy ons kuiers met koeldrank
Alleen, in die kaia van jeugtyd se groen
Onthou jy, die dae van skoolbank en kersbrand
Die nagte, met honde en goed om te doen
Ek bring vir jou blomme
Ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat
En jou ma-hulle slaap
Maar ek moes net vir jou sê:
"Ek het jou lief, ek het jou lief soos die Kaap."
Saam het ons bulte, geklim, in die somer
En fietsgery, al op die soom van 'n droom
Wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroomop?
Al ons vrae het gewapper soos vlieërs aan 'n boom
Ek bring vir jou blomme
Ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat
En jou ma-hulle slaap
Maar ek moes net vir jou sê:
"Ek het jou lief, ek het jou lief soos die Kaap.""
Karin, verstaan jy, dat jare soos wyn
Kan oud word, in kanne, vol vriendskap en son
Weet jy dit, dat die kinders liewe Jesus kan liefhê?
Maar dat kinders die wêreld al meer gaan verstom
Ek bring vir jou blomme
Ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat
En jou ma-hulle slaap
Maar ek moes net vir jou sê: "
Ek het jou lief, ek het jou lief soos die Kaap."
Ek het jou lief soos die Kaap



Writer(s): Koos Kombuis


Koos Kombuis - Koos Kombuis
Album Koos Kombuis
date of release
01-09-2009




Attention! Feel free to leave feedback.