Tarryn Lamb - Jy Is Te Dierbaar Lyrics

Lyrics Jy Is Te Dierbaar - Tarryn Lamb



Dit sou niks goed beteken
As ek hier sou bly
Ons albei sou net daaronder ly
Dus wens my vaarwel
Voor ek nogeens wil bly
Want jy is te dierbaar om seer te kry
Jy stort nou 'n traan
Jy lyk so alleen
Jy vra my so mooi "wat nou?" en "waarheen?"
Maar tyd sal genees
En die seer gaan verby
Want jy is te dierbaar om seer te kry
Ek is bang vir die spoke
Van dae lank geleë
Wat my nie wil toelaat om liefde te gee
Daarom moet ek gaan
Al vra jy ek moet bly
Want jy is te dierbaar om seer te kry
Ek mis jou alreeds en tog moet jy gaan
Hier heel alleen
Moet ek bly staan besef jy dan nie
Net jy baat daarby
Want jy is te dierbaar om seer te kry
Jy stort nou 'n traan
Jy lyk so alleen
Jy vra my so mooi "wat nou?" en "waarheen?"
Maar tyd sal genees
En die seer gaan verby
Want jy is te dierbaar om seer te kry
Jy is te dierbaar om seer te kry
Jy is te dierbaar om seer te kry



Writer(s): Jojan Wessels Aka Kupido


Tarryn Lamb - Mal Oor Jou
Album Mal Oor Jou
date of release
10-08-2018



Attention! Feel free to leave feedback.