Elandré - Dag & Nag paroles de chanson

paroles de chanson Dag & Nag - Elandré



Lila, laventel, liefde
Luister na my, die ergste is verby
Skielik kom die son op, vir net jou en my
Dis goed om so te voel, soos jy my laat voel
Want in die dag en nag
Ek′s aan die wag
Vir meer van jou, jou lyf, en oh
Ek dink, ek dink aan trou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
(Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou)
Wie weet waarheen die wind waai
Die seesand bly sit, ek sien jou in dit
Jy't soos met daai skulpies, my hart nogsteeds beet
Gesê ek moet weet jy′s nooit verkeerd
Behalwe daai keer, ek moes dit net sê: ek was op die ou end, net wat jy wil
Want in die dag en nag
Ek's aan die wag
Vir meer van jou, jou lyf, en oh
Ek dink, ek dink aan trou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Ongeag jy dit sag, belowe sonder om te lag
Jy kan my maar vertrou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Jy vat verligting in al hierdie rigtings verby
Oggend tot aand, elke dag van die maand, vat my
Ek gee dit weg, sonder geveg, kan ons saam hierdie brander ry?
Want in die dag en nag
Ek's aan die wag
Vir meer van jou, jou lyf, en oh
Ek dink, ek dink aan trou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Ongeag jy dit sag, belowe sonder om te lag
Jy kan my maar vertrou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Dag en nag
Jy′s aan die wag
Vir meer van my, my lyf, en oh
Jy dink, jy dink aan trou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Ongeag jy dit sag, belowe sonder om te lag
Jy kan my maar vertrou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
Kyk hoe gee ek gou my alles vir jou
(Die lig gaan van goud na pink na blou)
(Nog ′n dag in paradys met jou)
Die lig gaan van goud na pink na blou
Nog 'n dag in paradys met jou



Writer(s): Elandré Schwartz


Elandré - Dag & Nag - Single
Album Dag & Nag - Single
date de sortie
28-08-2020




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.