Jack Parow feat. Koos Kombuis - Johnny Is Nie Dood Nie (feat. Koos Kombuis) paroles de chanson

paroles de chanson Johnny Is Nie Dood Nie (feat. Koos Kombuis) - Koos Kombuis , Jack Parow



Onderkant die wind, by die spoor, by die spoor
Hang jou reuk in die lug wat na trane ruik
Onderkant die wind, by die spoor, by die spoor
Onder hierdie maan my fietse lyf ...
Met 'n storie op die voorblad, met 'n kietie van 'n kat, met 'n byline
Maar by nommer 22 is dit stil
By nommer 22 was die laaste pil, in die pipeline
In die pipeline
Yo, Johnny was 'n cowboy, Johnny was 'n rush-kop
Johnny, Johnny, Johnny maak 'n groot geraas
Johnny was 'n genius, Johnny was 'n fokop
Johnny, Johnny stadig nou
Johnny, Johnny klap dit flou
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie, hy's net uit gepass
En onthou jy nog daai aande, daar in Bird straat, Bird straat
Onthou jy nog die maande, van fokol doen en kak praat
Onthou jy (), met sy vuil blou jeans
Tussen asbakkies en bottels, sal hy weird, weird sien
Weet jy tog die rede, hoekom is dit alles oor
Weet jy dalk die rede, hoekom ons jou moes verloor
Is daar hoop vir ons wat oorbly
Is daar troos vir al die tjankies
Kan ons doen wat ons wil
Is daar lig daarvoor, of is die party oor
Is daar ooit iets in die hemel
Johnny was 'n cowboy, Johnny was 'n rush-kop
Johnny, Johnny, Johnny maak 'n groot geraas
Johnny was 'n genius, Johnny was 'n fokop
Johnny, Johnny stadig nou
Johnny, Johnny klap dit flou
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie, hy's net uit gepass
Desperaat in Dorpstraat, roekeloos in Rocky straat
Lippe op die klippe, met 'n sukkellende clutch plaat
Die bakkie het gehou, maar ons was uit
Toe breek ons maar 'n venster, in vermaaklikheid
Toebies op die dashboard, klippe in die pad
Bouwie op die boendoe, sit hom rat
Watter kant is Woester, en waar is die pad
Piele op die wiele al vir 16 jaar
Piele op die wiele al vir 16 jaar
Piele op die wiele al vir 16 jaar
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie, hy's net uit gepass
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie, hy's net uit gepass
En jare later,
Het Alex vir my jou kar se stuurwiel gebring, Johnny, dis was gebuig
Ek het die stuurwiel teen my muur
Opgehang, en al die mure rooi geverf, Johnny
Onthou jy Johnny, toe Kurt Cobain net famous geword het
Jy was die eerste dude wat my sy Nirvana cd kom bring het
Ons het dit dag en nag gejol, Johnny
Dis al wat ons aan die fokken lewe gehou het, Johnny
Dit was nie goeie tye nie, Johnny
Ek weet dit was die beste tye wat ons ooit gehad het
Dit was beter as die army, dit was beter as sondagskool, Johnny
Ons was nie rerig vry nie, Johnny
Maar ons het fokken baie geraas gemaak, en jy meer as almal, Johnny
Maar ek rus my daarin, jy's nie regtig dood nie, Johnny
Jy is hemel toe, saam met Kurt Cobain
Ons check jou almal, een van die dae, Johnny
Hou vir ons 'n bietjie wyn



Writer(s): André Du Toit


Jack Parow feat. Koos Kombuis - Afrika 4 Beginners
Album Afrika 4 Beginners
date de sortie
10-11-2017



Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.