Laurika Rauch - Skimme paroles de chanson

paroles de chanson Skimme - Laurika Rauch



Daar's skimme, op donker balkonne,
Met lëe, oop koffers wat wag
Daar's skimme, op skemer perronne,
Wat wag op 'n trein na die dag
Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In 'n middernagland
Sonder grense of tyd
En 'n ewigheid ver van die son, van die son
En 'n ewigheid ver van die son
Daar's skimme, gewikkel in jasse
Verskans teen die winde van ys
Daar's skimme, met kiste soos tasse,
Vol drome gepak vir die reis
Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In 'n middernagland
Sonder grense of tyd
En 'n ewigheid ver van die son, van die son
En 'n ewigheid ver van die son, van die son
En 'n ewigheid ver van die son
Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In 'n middernagland
Sonder grense of tyd
En 'n ewigheid ver van die son, van die son
En 'n ewigheid ver van die son



Writer(s): Koos Du Plessis


Laurika Rauch - My Ou Tante Koba
Album My Ou Tante Koba
date de sortie
15-03-2004




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.