Riaan Benade - Nallies paroles de chanson

paroles de chanson Nallies - Riaan Benade



Nallies oor die oseaan
Het ek belowe om te bly
Nallies in jou tweeslaapkamer
Hou jy hoop om te hoor van my
Sagte reën herinner
Jou van waar jy my kon kry
Nallies oor die oseaan
Het ek belowe om te bly
Al die eindloos aande saam
Met jou bly spook by my
Donkerlig en kerse op 'n
Vloer want eskom is lui
Staar oor die see want ek
Onthou nog waar jy bly
Nallies oor die oseaan
Het ek vergeet om jou te kry
En ek drink nog my koffie
Soos wat jy van dit hou
En ek maak nog my bed op
Met daai onnodige vou
En ek lees elke boodskap
Terwyl die donker my vashou
Nallies oor die oseaan bly
Elke deel van my by jou
Nallies oor die oseaan
Is ek oppad om pad te gee
Hierdie hospitaal is bleek
En die reuk gaan vir altyd my beklee
Sagte reën herinner my
Van waar ek jou kon kry
Nallies oor die oseaan
Strooi al die as van jou en my
Nallies oor die oseaan
Strooi al die as van jou en my



Writer(s): Riaan Benade


Riaan Benade - Spontaan
Album Spontaan
date de sortie
28-08-2020




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.