Richard Van Der Westhuizen - Engelliedjie paroles de chanson

paroles de chanson Engelliedjie - Richard Van Der Westhuizen



Soos wind oor n blaar, soos n veërtjie sommer maar
As mense met jou mors, as jy vies is of nors
Is ek daar
Soos die lente elke jaar, soos die wit bloeisel blaar
As jy moeg is en verniel is
Soos n kaggel vir die siel
Is ek daar
Lewe jou lewe, my engeltjie kind
Altyd gerus, ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe, my engeltjie kind
As die stormwind waai en die blitse begin laai
As die onweer jou tref moet jy besef ek is net om die draai
Wie gaan jou bewaar as jy dink daars gevaar
As jy koud kry of bang is soos die asem teen jou wang is ek daar
Lewe jou lewe, my engeltjie kind
Altyd gerus, ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe, my engeltjie kind
Is dit n ou ou goue blaar
Waarna jy so sit en staar?
Dis net kinders wat luister
As blare begin fluister vir mekaar
Lewe jou lewe, my engeltjie kind
Altyd gerus, ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe, my engeltjie kind



Writer(s): Richard Van Der Westhuizen


Richard Van Der Westhuizen - Ballade Vir 'n Enkeling (En Die Jare Daarna)
Album Ballade Vir 'n Enkeling (En Die Jare Daarna)
date de sortie
01-03-2015




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.