Zak Van Niekerk - Lekkerkry paroles de chanson

paroles de chanson Lekkerkry - Zak Van Niekerk



Mooi Willemiena van "Ou
Lekkerstasie", is my ou meisiekind, my troetelhasie
Sy dra linne rokkies met 'n enkelring,
En het voor in die koor in die kerk gesing
Ek vang 'n geelvis in die Vaaldam, en sien 'n bosluis op die bokram
Daar's 'n vyeboom in my agterplasie,
En die brannewyn staan in my tanneglasie
Ja, ek kyk elke dag hoe die beeste wy
En ek kla maar so oor die boerdery
Altyd sweet en so bitter ly
My plaas se naam is " Lekkerkry"...
Ek braai 'n vleisie op die kole, en my skoene kort nuwe sole
Ek drink witblits daar van Owerval,
En dit laat my sommer uit my voete val
Daar's 'n geelslang in die
Voetpaadjie, en 'n vetkol op my skotsbaadjie
Ek verstik aan 'n visgraatjie, en die plaas toilet het 'n loergaatjie
Ja, ek kyk elke dag hoe die beeste wy
En ek kla maar so oor die boerdery
Altyd sweet en so bitter ly
My plaas se naam is " Lekkerkry"...
Ons ry dorp toe met die Spider, en drink 'n boegoe met cider
En net so duskant die spruitjie,
Speel ek "red river valley" op my bekfluitjie
Om 'n stasie word ek tagtig, en Willemiena lyk so pragtig
Ons doen die "foxtrot" op die voorstoep,
Op die sakkie-sakkie maat van ou boeppens Doep
Ja, ek kyk elke dag hoe die beeste wy
En ek kla maar so oor die boerdery
Altyd sweet en so bitter ly
My plaas se naam bly " Lekkerkry"...



Writer(s): ben beukes


Zak Van Niekerk - Grootste Treffers
Album Grootste Treffers
date de sortie
28-03-2014



Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.