Bittereinder feat. Chris Chameleon - Kulkuns текст песни

Текст песни Kulkuns - Chris Chameleon , Bittereinder



Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous
Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Ek't 'n seemonster verdrink en hom laat sink in 'n tsunami
In die kloosters van die Ooste het ek geleer van origami
In die Russiese winter het ek met wolwe gestoei
Met my rewolwer het ek al 22 cowboys laat bloei
Ek was 'n sluipmoordenaar in Suid-Amerika in die tagtigs
En 'n slipdraer by Fyodor Dostoevsky se begrafnis
Ek't al liedjies gesing saam met Chris Chameleon
En in Holland langs die see van 'n toring afgespring
Ek het meerminne bemin in Skandinawiese waters
En in Granada gedraai met die fraai Flamenco dansers
In Kanada se baaie het ek salm met die palm gevang
En groot sesse gemoer van Muralitharan met een hand
In Nieu Seeland se reënwoud het ek Kiwi's gejag
En ek het al grappies gemaak wat Corné en Twakkie laat lag
Maar na al my avonture moet ek nou doodeerlik
Jy's mooier as dit alles, dis vir jou wat ek wil
Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous
Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Dis kulkuns
(Chris Chameleon) jy is die begin van
Alles sedert die einde van my vorige bestaan
Wat nou oneindig ver weg voel sedert die dag
Wat jy aan die tralies van my hart kom raak het
Dis nie regtig my styl nie my maar ek
Voel my onteenseglik genoop om jou te besing
Met my hele wese te bemin en as ek mag te be-tas
En ek sal jou nooit laat gaan nie as ek jou net eers vas kan hou
Want ek weet nou hoekom ek hier geplaas is
In 'n wêreld waar alles net 'n geroesemoes en 'n geraas is
Sodat my lot met joune verstrengel kon raak
En dit alles oplaas vir die eerste keer sin kon maak
Een volledige geheel twee lewens word een
Saam teen die wêreld daarbuite... watter wêreld?
Daar is geen ander wêreld nie, net die een waarin ek my met jou bevind
Ek sien en ek hoor en ek weet van geen ander nie
En niemand en niks kan dit ooit verander nie
Want dis net jy en ek en ek en jy
Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous
Dis kulkuns, meisie, hy's 'n woordesmous
Hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Dis kulkuns
Ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink
Die man se woorde het minder inhoud as die wind
Hy rek sy bek, maar hy's net 'n wolf wat verslind
Hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink
Ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink
Die man se woorde het minder inhoud as die wind
Hy rek sy bek, maar hy's net 'n wolf wat verslind
Hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink



Авторы: Jaco Van Der Merwe, Louis Minnaar, Peach Van Pletzen


Bittereinder feat. Chris Chameleon - Die Dinkdansmasjien
Альбом Die Dinkdansmasjien
дата релиза
02-11-2012



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.