Elizma Theron - Huise Van Glas текст песни

Текст песни Huise Van Glas - Elizma Theron



Kyk die mense in die strate
Dokters staats amptenare
Almal dra geheime in die mou
Soos papierpoppe op kaarte
Word ons leeg en sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou
Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Selfs die son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O moenie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas
Kyk die nuus in die koerante
Oordeel van alle kante
Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil?
En die mense praat en skinder
Oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie dis die styl
Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Selfs die son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O moenie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas
my waar is die broederliefde?
Dalk gesteel deur die nagdiewe
En al wat nou nog oorbly
Is verwyte en kritiek
Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Selfs die son wat daar skyn
Gee aan almal deel van hom
O moenie oordeel nie
En wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas
Ons almal woon in huise van glas



Авторы: Herman Holtzhausen


Elizma Theron - Boeregirl Met 'n Countryhart
Альбом Boeregirl Met 'n Countryhart
дата релиза
09-09-2016




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.