Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus текст песни

Текст песни Die Mense Op Die Bus - Laurika Rauch



Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet
Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggenddou
My hart is lankal reeds gebreek
Ek het dit net-net weggesteek
Dalk is die liefde soos die reën
Dit sal die aarde plek-plek seën
Die mense op die bus ja
Verspreide buie hier en daar
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Die mense op die bus wil hoor
Waar het jy eers jou hart verloor?
Die mense op die bus nee
Daar′s baie visse in die see
My hart is amper weer gebreek
Ek het dit net-net weggesteek
Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggenddou
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet
Mmmmm
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet



Авторы: Christopher Torr


Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus
Альбом Die Mense Op Die Bus
дата релиза
15-02-1999




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.