Laurika Rauch - Hier Tussen Ons текст песни

Текст песни Hier Tussen Ons - Laurika Rauch



Die liefde is ′n rooi gedig in versreël en kwatryn
Wat jou met gawe sien in woorde sag en fyn
Die liefde is 'n spierwit duif met bloeisel in die mond
Wat met sy koms die boodskap bring:
Die liefde maak gesond
Die liefde in sagte woorde
Wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde in sagte soene, wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelieblom
Jaar in en jaar uit bloei
Die liefde is ′n môrester, blink op die horison
Wat met ryke majesteit: Ek het vir jou gekom
Die liefde is 'n leë graf, 'n brokkie brood en wyn
Die liefde is ′n wegkruipplek
Teen hartseer en teen pyn
Die liefde in sagte woorde
Wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde in sagte soene, wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelieblom
Jaar in en jaar uit bloei
Die liefde
Die liefde
Die liefde
Hier tussen ons
Die liefde in sagte woorde
Wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde in sagte soene, wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelieblom
Jaar in en jaar uit bloei



Авторы: L. Brittz


Laurika Rauch - Gunstelinge
Альбом Gunstelinge
дата релиза
23-10-2017




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.