Anton L'Amour - Bring Die Reën Songtexte

Songtexte Bring Die Reën - Anton L'Amour




Die sonneblom-koppe hang in die middag
Son soos poppe, sonder 'n dans
Iewers is 'n pas, iewers is 'n poort
Iewers is 'n plan vir 'n reis
Die skoene wat kraak deur die koel winteraand
Die wasem wat warrel om die kop soos 'n hoed
Spit die grond om deur die dor droë maand
Spit die grond om tot die wolk opkom
Bring die reën
Na elke huis en elke hart
Laat dit reën
Op elke vel tot die hemele leeg is
Droog in die noorde, droog in die suide
Droog in die weste en in Sjina
Lei my na die water, lei my na die waarheid
Daar's 'n leemte in die lug, 'n leegte in die leuen
Bring die reën
Na elke huis en elke hart
Laat dit reën
Op elke vel tot die hemele leeg is
Bring die reën
Na elke huis en elke hart
Laat dit reën
Op elke vel tot die hemele leeg is



Autor(en): Anthony Peter


Anton L'Amour - Dwaalvuur
Album Dwaalvuur
Veröffentlichungsdatum
02-03-2023



Attention! Feel free to leave feedback.