Piet Botha - Man Met Kitaar Songtexte

Songtexte Man Met Kitaar - Piet Botha




Op die plaas Goedvertrouw is almal konings
By die rivier het die son geskyn
Blou berge oral in die rondte en blou lug
Groen die lande, swaar van die wyn
In die winter sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar's myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Koebaai julle konings koebaai
Ek ken die N1 en twee en drie en vier en so aan
Paaie in die wildernis
Dit beteken alles, dit beteken niks
Op Langebaan en Vredenburg
Goed gegaan maar hard gewurg
Aan die brandewyn
Brandewyn laat my staan
Want ek wil huis toe gaan
Beaufort Wes en Kimberley, was nie lank gelede nie
Oorlog kom en oorlog gaan
Maar myle hou net aan en aan
So as jy soek maar jy kannie vir Jakob kry
En jy wonder waar is die ou siel nou
Hy sit in die son met sy kitaar
Die plaas se naam is Goedvertrouw
In die winter sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar's myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Koebaai julle konings koebaai
Koebaai julle konings koebaai
Koebaai julle konings koebaai
Koebaai julle konings



Autor(en): Jp Botha


Attention! Feel free to leave feedback.