Piet Botha - Ou Swerwer Songtexte

Songtexte Ou Swerwer - Piet Botha




Ou swerwer
Swerf nog bietjie langer
Nog bietjie verder
Miskien sal jy eendag
Jou pad huis toe kry
Ou soeker
Soek nog bietjie langer
Nog bietjie dieper
Miskien sal jy eendag
Die antwoord kry
Maar dit maak nie meer saak nie
Want die dice het geval en gerol en vertel
Ek wens dit was nie waar nie
Maar ek sallie ooit weer
Met jou kan dans nie
Ou dromer
Droom nog bietjie langer
Jy sal weet wanneer
Die droom verby is
Dan's dit tyd om te gaan
Maar dit maak nie meer saak nie
Want die dice het geval en gerol en vertel
Ek wens dit was nie waar nie
Maar ek sallie ooit weer
Met jou kan dans nie



Autor(en): Pieter Jacob Botha


Attention! Feel free to leave feedback.