Stef Bos - Tydbom Lyrics

Lyrics Tydbom - Stef Bos



Ek ry in my kar
Deur die vlakte in die kaap
Die son skyn oor die see
By Gordonsbaai
Ek sien waar ek kyk
Die gesigte van die land
Ek sien langs die pad
Hoe die veld brand
Die struggle is verby
Die nuwe tyd is lankal daar
Maar die rykes word ryker
En die armes kry swaar
En ek sien op die teerpad
Na muizenbergstrand
Die shacks van Khayelitsha
En die plakkerskamp
En ek hoor die tydbom tik
Tik tik tik tik
Die tydbom tik
Die rook hang bo Langa
Die vliegtuie styg op
En 'n swart man by die robot
Wil my 'n sonbril verkoop
Wat gaan aan in sy kop
En wat dink hy oor my
Want daar was so baie beloftes
Maar wat het hy gekry
En ek sou hom wil vra
Wie hy is hoe hy leef
Maar die robot raak groen
En my kar moet beweeg
En die kaap lyk so mooi
In die somerson
En die wind is so stil
Dit voel asof daar
'N storm gaan kom
En ek luister na musiek
En tap my vingers op die stuurwiel
Tik, tik, tik
Die tydbom tik
Die tydbom tik
En die kleure van die reënboog
Weggespoel deur die geweld
Die diktatuur van toe
Is nou die diktatuur van geld
Die ideale word verkoop
Die kapitaal is aan die mag
Steve Biko is moeg en
Draai homself om in sy graf
Want wat hy sien
Maak hom siek
Die tydbom tik
Die tydbom tik
Jy kan 'n fok voel vir die toestand
In hierdie land
Maar jy kan ook 'n brug bou
Na die ander kant
Jy kan na die TV kyk
Tot die oggendlig
Jy kan jou sluit
Met 'n sepie of 'n fliek
Die tydbom tik
Tik tik tik
Die tydbom tik
Ek ry in my kar
Deur die vlakte in die kaap
Die son skyn oor die see
By Gordonsbaai
Ek sien waar ek kyk
Die gesigte van die land
Ek sien in die verte
Sien in die toekoms
Hoe die land gaan brand
Sien hoe die land gaan brand
Die Tydbom, die tydbom tik




Stef Bos - Kloofstraat
Album Kloofstraat
date of release
18-03-2010




Attention! Feel free to leave feedback.