Andries Bezuidenhout - Wilgedorp Se Rasionaliseringsballade paroles de chanson

paroles de chanson Wilgedorp Se Rasionaliseringsballade - Andries Bezuidenhout



In die dertigs, na die depressie
Is die stasie hier gebou
En het toe vir vyf dekades
Wilgedorp se tyd gehou
Kort daarna, bank en skool
Koöperasie en ʼn kerk
Silo's en selfs ʼn haarsalon
Vir Maurice om in te werk
Dis die stasiemeestervrou
Wat die kannabeddings onderhou
Terwyl portiere vroeg al poets, poleer
Aan die koperletters bo die deur
Passasiers kom uit die stad
Bly by die Masonic Hotel
In die kroeg kan jy sien hulle luister
Na die stories wat ons vertel
As die goederetrein na middernag
My in die stoepkamer kom wakkermaak
Kan ek omdraai met die wete
Ek kan ure langer slaap
Dis die stasiemeestervrou
Wat die kannabeddings onderhou
Terwyl portiere vroeg al poets, poleer
Aan die koperletters bo die deur
Onlewensvatbaar
konsultant en amptenaar
Nou staan spore langs die silo's braak
Wat gaan die boere maak?
Spekuleer, meganiseer
Masjien maak op waar mens makeer
Frankensteinpitte intensiveer
Gate onder lorries in die teer
Met die spoor gekom om hier te bly
En toe weer padlangs weggery
Want ʼn stasie sonder treine
Is ʼn plek waar jy net agterbly
Die wagkamer is stil
Net ʼn dwaalgees op die perron
Maar as jy fyn luister kan jy nog hoor
Hoe die laaste trein verbykom
Met die spoor gekom om hier te bly
En toe weer padlangs weggery
Want ʼn stasie sonder treine
Is ʼn plek waar jy net agterbly



Writer(s): Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Onplaats
Album Onplaats
date de sortie
17-04-2020




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.