Bittereinder feat. Magdalene Minnaar - Die woud - traduction des paroles en anglais

Paroles et traduction Bittereinder feat. Magdalene Minnaar - Die woud




Die woud
The Forest
"Ons is die groen
"We are the green
Ons is die hout
We are the wood
Ons is die ogies
We are the eyes
Ons is die woud
We are the forest
Ons is die takkies
We are the branches
'Jy weet mos, jy weet mos'
'You know, you know'
Ons is die stilte
We are the silence
Ons is die bos"
We are the woods"
Ek volg 'n skoenlapper tussen die bome deur
I follow a butterfly through the trees
En die houtkappers kan op hul byle sweer
And the lumberjacks can swear on their axes
Hulle't jou gesien tussen die stamme sweef
They saw you floating between the trunks
Met 'n rytjie blomme in jou skaduwee geweef
With a rhythm of flowers woven into your shadow
En die ruigte wat buig om jou enkels te soen
And the undergrowth bending to kiss your ankles
En stemmetjies wat fluister van elke seisoen
And little voices whispering of every season
En groen en dors en water en slange
And green and thirst and water and snakes
En 'n menigte blare wat vloei van jou wange
And a multitude of leaves flowing from your cheeks
En so groei my verlange om jou self te ontmoet
And so my longing grows to meet you myself
Met die afdruk van God en Sy asem in jou bloed
With the imprint of God and His breath in your blood
En ek waag self die diepte agter die skoenlapper aan
And I dare to venture into the depths after the butterfly
Dit is asof sy vlerke my gedagtes verstaan
It is as if her wings understand my thoughts
Hulle moedig my aan en my hart klop nou vinnig
They encourage me and my heart beats fast now
Die blaredak word digter en ek wonder oor die sonlig
The canopy thickens and I wonder about the sunlight
Wat nou so bietjie melkerig die paadjies laat verdwyn
That now so milky makes the paths disappear
En uit die hoeke van my tussen die groen en die bruin
And from the corners of my eyes between the green and the brown
Vermenigvuldig die bewegings van diertjies wat my afloer
The movements of little animals watching me multiply
My voetstappe wat eggo teen die stamme en die bosvloer
My footsteps echoing against the trunks and the forest floor
Klink skielik nie alleen nie maar ek kyk liewers voor my
Suddenly don't sound alone but I'd rather look ahead
En druk deur die bos se arms, hoeveel kan daar nog oorbly?
And push through the forest's arms, how much can be left?
Dis asof my hardloop nou stoom kry maar die bome word al digter
It's like my running is gaining momentum but the trees are getting denser
Ek byt vas deur die skrape, die tuimel en die splinters
I bite through the scratches, the stumbles and the splinters
Bollemakiesie myself flenters maar ek staan elke keer op
I fall head over heels but I get up every time
Grond tussen my tande en die bos is in my kop
Earth between my teeth and the forest is in my head
Ons loop kringe in mekaar, ons ontmoeting om die hoek
We walk circles around each other, our meeting just around the corner
Die spasies word al kleiner, ek word deur jou wortels ingekoek
The spaces are getting smaller, I'm being buried by your roots
En nou soek ek die hart van die woud en sy lewe
And now I seek the heart of the forest and its life
Ek hoor al hoe klop dit soos die grond begin bewe
I hear it beating as the ground starts to shake
'N stewige dreun groei in die kreunende bome
A steady thrumming grows in the groaning trees
En stemme wat vibreer soos lewende drome
And voices vibrating like living dreams
En in 'n oomblik is ek skielik in 'n oopte op my eie
And in a moment I am suddenly in a clearing on my own
Met die sagste groen gras van die mooiste valleie
With the softest green grass of the most beautiful valleys
In 'n sirkel omsingel deur 'n kring van stamme
In a circle surrounded by a ring of trunks
En in die middel dans 'n dwarrelwind van blaartjies soos vlamme
And in the middle dances a whirlwind of leaves like flames
En die wind begin sing soos instrumente wat praat
And the wind begins to sing like instruments that speak
En die blare styg al hoër in die vorm van 'n ruggraat
And the leaves rise higher and higher in the shape of a spine
Klippies wat 'n gesig maak... verbeel ek my?
Pebbles forming a face... am I imagining it?
Skielik hoor ek my eie stem: "wie is jy?"
Suddenly I hear my own voice: "who are you?"
"Ons is die groen
"We are the green
Ons is die hout
We are the wood
Ons is die
We are the eyes
Ons is die woud
We are the forest
Ons is die takke
We are the branches
'Jy weet mos, jy weet mos'
'You know, you know'
Ons is die stilte
We are the silence
Ons is die bos"
We are the woods"





Writer(s): Louis Minnaar, Jaco Van Der Merwe, Peach Van Pletzen


Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.