Brendan Peyper - Dis So Lekker paroles de chanson

paroles de chanson Dis So Lekker - Brendan Peyper



Alles het sy tyd
Ons moenie mors nie, geluk is tuis gemaak
Ek kan nie wag nie om net skoene uit te skop
Ek kan nie meer wag vir daai laaste stop
Gelukig is jy by my, ek kan nie klaar nie
Die myle vlieg verby, dis nie meer ver nie
Sing saam met die radio
Elke song waar van ons al twee hou
Hou my wakker, jou hand in myne
Dit kan nog 'n rukkie so bly
Dis so lekker
Lekker om die wind te voel
Waai hier deur my hare, op die plaas pad
Dis so lekker
Lekker om 'n bietjie van alles te vergeet en net te smile
Want jy's by my, by my, by my
Jy's by my, by my, by my
Vertel my nog meer van jou
Ek kan vir ure luister na wat jy
Jy ken die beste stories van jou kinder dae
Moenie stop al het ek so veel vrae
Ek kan nie verrassings hou, as jy by my is
Daars meer wat wag as ons eers by die huis is
Soen die spore om my nek
Kan ons nie die pad nog verder rek
Hou my wakker
Jou hand in myne
Dit kan nog 'n rukkie so bly
Dis so lekker
Lekker om die wind te voel
Waai hier deur my hare, op die plaas pad
Dis so lekker
Lekker om 'n bietjie van alles te vergeet en net te smile
Want jy's by my, by my, by my
Jy's by my, by my, by my
Daars niks lekker lekkerde as om die pad saam te vat
Terwyl ek vir jou kyk, die spore diepe trap
Om elke hoek en draai, steel ek 'n druk en 'n soen
Dis hoe ons kommunikeer
Dis hoe ons goed voel
Dis so lekker
Lekker om die wind te voel
Waai hier deur my hare, op die plaas pad
Dis so lekker
Lekker om 'n bietjie van alles te vergeet en net te smile
Want jy's by my, by my, by my
Jy's by my, by my, by my
Want jy's by my



Writer(s): Schoombie Niel, Peyper Brendan


Brendan Peyper - Hy Loop Oop
Album Hy Loop Oop
date de sortie
14-04-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.