Adam Tas - Skilpadtepel текст песни

Текст песни Skilpadtepel - Adam Tas



Hy was die baas van 'n dorperplaas, met die naam van Skilpadtepel.
Maar die reën bly weg, sy skape vrek, hy vat sy vrou na 'n ander plek.
Hy was die baas van 'n verlate plaas, met die naam van Skilpadtepel.
In die hartjie van die Boesmanland, waar die son 'n Christen in die hel in brand.
Hy bid vir reën mag God hom seën hierdie jaar.
En hy bid vir die Here, wat die Hemel en sy dorpers gemaak het.
En met gebuigde knieë, voor 'n droë krip gaan staan hy.
Oh ... en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel.
En sy koring kom, sy Gannatjies blom.
Ja en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel.
En sy koring kom, sy Gannatjies blom.
Daar op Skilpadtepel.
Instrumenteel
Hy drink sy Olof Bergh, nou met regte Coke.
Hy braai sy skaap op doringhout.
Sy veld loop geil, die tweeling lam.
Want daar onder op sy plaas staan 'n oorvol dam.
Ja en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel.
En sy koring kom, sy Gannatjies blom.
Oh ... en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel.
En sy koring kom, sy Gannatjies blom.
Oh ... en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel.
En sy koring kom, sy Gannatjies blom.
Oh ... en hy lag, want dit reën weer op Skilpadtepel.
En sy koring kom, sy Gannatjies blom.
Daar op Skilpadtepel.



Авторы: Adam Tas


Adam Tas - Storm van Liefde
Альбом Storm van Liefde




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.