Andriëtte - Swart Sambrele текст песни

Текст песни Swart Sambrele - Andriëtte

Ek en jy, jy praat nie meer oor ons nie,
Daar is skaduwees waar ek jou hart kon kry
Hier en nou, jy praat nie oor vandag nie,
Daar is vensters vol beloftes wat hier bly
Ek soek jou ware liefde, maar die liefdesreën betoog
En die lande van ons liefde bly droog
As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was
So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel
Wag vir my, die son is nie genoeg nie,
Sonder spore kan ek nie jou liefde vind
Gee vir my die woorde in jou drome
Waarin elke droom met net my naam begin
Ek soek jou ware liefde, maar die liefdesreën betoog
En die lande van ons liefde bly droog
As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was
So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel
Al die water in die hemel
Sal vir ewig in my reën
En hier staan ek alleen
As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was
Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was
So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel
Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel

Авторы: Rudie Claase

Andriëtte - Vat My Hoër
Альбом Vat My Hoër
дата релиза
25-04-2011

Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.