Bok van Blerk - Ek Is Joune, Jy Is Myne текст песни

Текст песни Ek Is Joune, Jy Is Myne - Bok van Blerk



Elke uur van elke dag selfs in die
Middel van die nag sal ek jou vas kan hou
In die winter of die somer maak nie
Saak nie ek's n dromer en ek's lief vir jou
Ons het loseer in n granny flat, geslaap op n enkelbed
Verslaaf aan jou
Daai Desember breek my bike,
Ons moes Langebaan toe hike vir die samesyn
Al kom die wêreld tot n einde,
Dis die kyk in jou wat my hart laat brand
Ek is joune jy is myne
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand
Al daai dae is nou verby, het in ons eerste huis gaan bly
In n doodloop staat
Ons het n labrador gekry, met n kat aan sy sy - n papegaai wat praat
Met ons jongste nog op skool en oudste by die jool
Bly jy my beste maat
Ons kan gaan aftree waar ons wil
Sal mekaar tog altyd vul tot aan die einde toe
Al kom die wêreld tot n einde,
Dis die kyk in jou wat my hart laat brand
Ek is joune jy is myne
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand
Al kom die wêreld tot n einde,
Dis die kyk in jou wat my hart laat brand
Ek is joune jy is myne
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand
En al breek jy nou ons bande
Jy's in die arms van n ander man
Al kom die wêreld tot n einde,
Dis die kyk in jou wat my hart laat brand
Ek is joune jy was myne
Tot die dood ons skei my verbond gestaan
Al kom die wêreld tot n einde,
Dis die kyk in jou wat my hart laat brand
Ek is joune jy was myne
Tot die dood ons skei my verbond gestaan
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand



Авторы: Bok Van Blerk, Jaco Mans, Pietman Geldenhuys


Bok van Blerk - Hoor Ons!
Альбом Hoor Ons!
дата релиза
06-09-2019




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.