Dewald Wasserfall - Oorleef текст песни

Текст песни Oorleef - Dewald Wasserfall



Ons deel die wêreld met barbare
Ons bou 'n tronk net om in te slaap
Ons draai die ander wang al vir jare
Ek en jy het 'n lewe hier gemaak
Ek wil lewe vir my kinders
En alles gee wat ek het
In 'n wêreld vol van wonders
Wil ek red wat ek kan red
Ek wil dit beter maak as gister
In alles wat ek kan gee
En aan die einde van 'n lang dag
Val ek op my knieë
Want al is ek
Stukkend
Swart gesmeer
In die seer neerval het ek iets geleer
Maar ek probeer keer op keer
Aan die einde van die dag is ek op my knieë
En skyn 'n lig totdat alles verby is
Byt vas totdat alles OK is
Ek sweer ek sou alles gee
As ons net hierdie jaar kan oorleef
Ons kommunikeer in handgebare
Ons sien die lewe deur 'n vensterraam
En ons weet van al die gevare
Ons wil net 'n bietjie langer bestaan
En al is ek
Stukkend
Swart gesmeer
In die seer neerval het ek iets geleer
Maar ek probeer keer op keer
Aan die einde van die dag is ek op my knieë
En skyn 'n lig totdat alles verby is
Byt vas totdat alles OK is
Ek sweer ek sou alles gee
As ons net hierdie jaar kan oorleef
Stukkend
Swart gesmeer
In die seer neerval het ek iets geleer
Maar ek probeer keer op keer
Aan die einde van die dag is ek op my knieë
En skyn 'n lig totdat alles verby is
Byt vas totdat alles OK is
Ek sweer ek sou alles gee
As ons net hierdie jaar kan oorleef
As ons net hierdie jaar kan oorleef



Авторы: Danny Smoke, Dewald Wasserfall


Dewald Wasserfall - Oorleef
Альбом Oorleef
дата релиза
19-03-2021



Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.