Jak De Priester - Groen Mamba текст песни

Текст песни Groen Mamba - Jak De Priester



Ek sit in die donker koppie koffie in die hand
En ek wonder hoe de hêng het ons hier beland
'N Man en 'n vrou en 'n baba wat huil
Hoe gaan ek my "twenties" vir die lewe ruil
Ons bly in 'n huis in die bank se huis
En net soos al die ander het ons huis ook 'n kruis
My vrou is wispelturig dan's sy vriendelik dan's sy kwaad
Ek weet nie wat sy soek nie soek sy liefde ek soek raad
Groen mamba vir jou baba en prozac vir jou vrou
En elke aand 'n disprin om die bloed lekker dun te hou
Groen mamba vir jou baba en 'n myprodol vir jou vrou
En die homopaat se druppeltjies om die trane weg te hou
Groen mamba vir jou baba en rooibos tee in die nag
En 'n hand vol vitamienes dit help ons deur die dag
Die lewe het net deesdae so normaal geword
Al my vriende het hierdie jaar 'n pa geword
Vakansie tyd in Hartenbos 'n Gypsy karavaan
Oral speel die deuntjie van 7de Laan
Elke liewe dag is nog 'n dag verby
Tyd staan nie stil nie soos 'n trein wat ry
Die nuus maak my "depressed" en die baba wil nie slaap
As ons huis net eers verkoop is dan trek ons na die Kaap
Groen mamba vir jou baba en prozac vir jou vrou
En elke aand 'n disprin om die bloed lekker dun te hou
Groen mamba vir jou baba en 'n myprodol vir jou vrou
En die homopaat se druppeltjies om die trane weg te hou
Groen mamba vir jou baba en rooiwyn vir jou vrou
En 'n lekker pil as jy sestig
"Strike" om daai spier lekker fiks te hou
Wat sou ons gedoen het sonder KFC
Na wie sou ons gekyk het sonder DSTV
Hoe sou ons oorleef het sonder klein bietjie wyn
Hoe keer mens al die "worries" en die hart se pyn
Hoeveel pille moet ons sluk om net ons "sanity" te hou
Hoeveel gatte moet ons lek om net ons "jobs" te hou
Hoeveel nagte moet ons opwees voor die baba deurnag slaap
Ek jou my pellie dis lekker innie Kaap
Groen mamba vir jou baba en prozac vir jou vrou
En elke aand 'n disprin om die bloed lekker dun te hou
Groen mamba vir jou baba en 'n myprodol vir jou vrou
En die homopaat se druppeltjies om die trane weg te hou...
Groen mamba vir jou baba en prozac vir jou vrou
En elke aand 'n disprin om die bloed lekker dun te hou
Groen mamba vir jou baba en 'n myprodol vir jou vrou
En 'n lekker pil as jy dertig "strike" om jou hare op jou kop te hou



Авторы: Jak De Priester


Jak De Priester - Groen Mamba
Альбом Groen Mamba
дата релиза
05-01-2009




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.