Joe Niemand - Ek Sal Nie Bang Wees Nie текст песни

Текст песни Ek Sal Nie Bang Wees Nie - Joe Niemand



Hy wat in die skadu van die Allerhoogste sit
In die geheime plek
Sal vir God kan se:
U is my bergvesting
My toevlug op wie ek vertrou
Want U, U sal my kom haal
Uit diepste donker plekke waar ek
Omring word deur die doodsgevaar, ja U
Vlerke vou my toe
Onder U troue vleuels vind ek my skuiling
U vere is my skild, my bevryding
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
En hier kruip ek weg
In die hoogtes by die Hoogste
Alles veilig in U hand
Buite die bereik van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant
Want U, U laat my dra
Veilig oor alles wat verskeur, vergiftig
U vergruis elke aanval wat op my gerig is
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
U sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet
Omdat ek in alles op U vertrou sal U my veilig in die hoogtes hou
En wanneer ek weer die pad verloor sal U elke keer my noodkreet hoor
My verwoesting sal U elke keer keer
En vir altyd my met U redding eer
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie



Авторы: Niemand Joe


Joe Niemand - Ek Sal Nie Bang Wees Nie
Альбом Ek Sal Nie Bang Wees Nie
дата релиза
01-01-2011




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.