Valiant Swart - Die Mystic Boer текст песни

Текст песни Die Mystic Boer - Valiant Swart



Op 'n vaal vlakte
Het ons hom die eerste keer gewaar
Hy't snaaks gedans en weggeraak
In 'n waas van walms en wind
Daar was klowe in die verte
En die son was nog jonk
En grys voëls het ons dopgehou
Toe ons onder die oggend vir mekaar geknik het
Ons gaan hom jag
Die newels het gewink
Die dag het geruik na nuwe bloed
En gebreek
Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer
Oor sy skouer
Ons loop deur die leegte
Met ons vasgepen op 'n stofwolk
Waar sy voete die aarde ontstig het
Met passies vol punk en plesierigheid
Die môrestond het ons blinkgesmeer met vars hoop
Op geluk en wysheid en vreugde
En vure vol verskeidenheid
En lig
Na die berge, na die klowe, na die spelonke
Dwarrel die gees
Terwyl ons, die jagters, hom bestorm
Met nette en tralies
En tyd
Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer
Oor sy skouer
Die grense van ons mission
Was slegs die wind en weer
Die bliksems en donders wat bangpraat
En reën bring om stof te kanselleer
Hoe groter die drang na ontmoeting
Met die koning van die nuwe asem
Hoe woester die tog
En hoe stiller
Daar was 'n skaduwee om merker te speel
En 'n uptempo rouklaag die magnet
En visioene van nuwe dinge
Was oral
Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer
Oor sy skouer
Skielik was daar niks
Behalwe 'n vaal vlakte en die son
Was ons alleen met water en jeans
Die danser was weg
Teen middernag was die maan treurig en mooi
En die grond het gesmaak na sout
En toe die nuwe oggend opstaan uit die berg
Het grys voëls ons dopgehou
So as jy hom sien, en jy wil hom soek
Doen dit gerus
Want dis 'n groot avontuur
Alhoewel jy eindig
Waar jy begin het
Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer
Oor sy skouer met 'n vreemde grynslag
En dans in die nánag met die maan
Oor sy skouer met 'n oog wat uitdaag
Kom nader, kom vra my my naam
Ek's die Mystic Boer
Die Mystic Boer
Ek's die Mystic Boer
Die Mystic Boer



Авторы: V Swart


Valiant Swart - Die Mystic Boer
Альбом Die Mystic Boer
дата релиза
02-03-2013




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.