Laurika Rauch - Die Wind Waai Vanaand Verskriklik Lyrics

Lyrics Die Wind Waai Vanaand Verskriklik - Laurika Rauch



Die wind waai vanaand verskriklik
Dis die swart Suidoos
Ek wonder of my mure gaan bly staan
En waarheen skep die wind my as hy my beetkry
Kan hy my verder waai
As waar ek is?
O Bokkie
So is die wind maar Een dag nog vriend′lik
Die volgende dag verdwaal
Die wind klim tussen my mure in
In elke holte in
Dit ruk en pluk aan alles
Wat nog naby is
Die mure het ore
Almal luister in
'N Mens kan so ′n wind
Glad nie vertrou
O Bokkie
So is die wind maar
Een dag plesierig
Sommer die volgende dag al blou
Die wind waai vanaand verskriklik
Dis die swart Suidoos
Ek wonder of die wind ook by jou waai
En waarheen skep die wind jou
As hy jou beetkry
Kan hy jou verder waai
As waar jy is?
O Bokkie
So is die lewe
Een dag nog rustig
Die volgende dag benoud
Ooooooo...
So is die lewe
Een dag nog rustig
Sommer die volgende dag benoud



Writer(s): Dineke Volschenk


Laurika Rauch - Encore! Laurika
Album Encore! Laurika
date of release
22-07-1988




Attention! Feel free to leave feedback.