Laurika Rauch - Op Blouberg Se Strand Lyrics

Lyrics Op Blouberg Se Strand - Laurika Rauch



Die golwe weet waar breek die branders
Hulle dink hulle′s vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Daar is witgekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa, my kind, ons moet swart mossels vind
Ons is lief vir die see, ek is lief vir my kind
Ja dis koel na die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand



Writer(s): Udo Juergens, Thomas Christen, Christopher Sidney Willou Torr


Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
Album 19 Treffers Van 21 Jaar
date of release
15-04-1999




Attention! Feel free to leave feedback.