Laurika Rauch - Toemaar Die Donker Man Lyrics

Lyrics Toemaar Die Donker Man - Laurika Rauch



Op die groen voetpad
Van die horison ver
Om die aarde skat,
Stap ′n ou man wat
'N Oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
En ′n rug gebuk aan sy jare.
Wat maak hy, mammie?
Wat maak hy, mammie?
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
Stilte wat sing
Soos die biesies, my hart
En die sterre wat klop
Tok-tok liefling,
Soos die klein tok-tokkies in
Hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
Wat is sy naam, mammie?
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
Uit die land van vaak
Sy naam is Toemaar
Hy heet, my lam
Toemaar, die donker man
Mammie
Toemaar, die donker man



Writer(s): Ingrid Jonker, Laurika Rauch


Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
Album 19 Treffers Van 21 Jaar
date of release
15-04-1999




Attention! Feel free to leave feedback.