Laurika Rauch - Vir 'N Pepermossie (Voortaan Sal Ek Winterskemer Vleilangs Loop) Lyrics

Lyrics Vir 'N Pepermossie (Voortaan Sal Ek Winterskemer Vleilangs Loop) - Laurika Rauch



Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop
Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemelruim hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop



Writer(s): L. Hofmeyr, W.van Der Merwe


Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
Album 19 Treffers Van 21 Jaar
date of release
15-04-1999




Attention! Feel free to leave feedback.