Laurika Rauch - Sonvanger Lyrics

Lyrics Sonvanger - Laurika Rauch



Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar′s 'n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Dis donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy hoe helder die kamer kon lag
Kyk of jy vir my die son kan bring
Daar′s 'n liedjie in die gange wat die son kan sing
Want dis stil in die hoeke, hierdie koue seisoen
Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen
S-o-nvanger
Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn
S-o-nvanger
Laat my verstaan
Hoe 'n somer sommerso in die niet kan verdwyn
En laat hom skyn
Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar′s ′n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy vir my die son kan steel
Daar's ′n plekkie in die tuin waar die son kan speel
Mmmmm
S-o-nvanger
Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn
S-o-nvanger
Laat my verstaan
Hoe 'n somer sommerso in die niet kan verdwyn
En laat hom skyn
Bring ′n bietjie lig vir die draaie op my pad
En 'n handjievol strale vir die donker in my hart



Writer(s): Valiant Swart


Laurika Rauch - Die Mense Op Die Bus
Album Die Mense Op Die Bus
date of release
15-02-1999




Attention! Feel free to leave feedback.