Laurika Rauch - Die Siener paroles de chanson

paroles de chanson Die Siener - Laurika Rauch



Dis 'n hele ent vanaf Ottosdal
Diep in die hart van die Wes-Transvaal
Galop, galop in die skemergloed
Oor Lichtenburg hang 'n lanferdoek
Sy lang swart baard is met grys gevlek
Hy lyk soos iemand uit die ou testament
Oor Lichtenburg hang 'n groot swaar wolk
Wie sal die droom vir die oom vertolk?
Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison
Hy't 'n kaalkop man in 'n droom gesien
Vlae halfstok en die nommer vyftien
Hy lyk ontsteld, hy lyk gedaan
Die generaal is in groot gevaar
Oom Koos is kalm, oom Koos is stil
Hy soek na woorde en na God se wil
Hy staar na die man met die helm gebore
Hy staar na die man met die wilde
Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison
Hoe jy vir 'n vriend, jou dae is getel?
Jy groet maar net en jy vaarwel
Glo vas in die Heer, hou vas jou hoed
Oor Lichtenburg hang 'n lanferdoek
Donker dag, donker aand
Dag vyftien, Septembermaand
'N skoot in die nag, 'n skoot in die kol
In die leë straat het 'n hoed gerol
Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison
Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison



Writer(s): Christopher Torr


Laurika Rauch - Tweeduisend-En-Tien!
Album Tweeduisend-En-Tien!
date de sortie
05-01-2010




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.