Anton Goosen - Trompie текст песни

Текст песни Trompie - Anton Goosen



Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak
Kwaggaberg se hoofstraat ken die Boksombende
Vir allerhande kattekwaad is hul al 'n legende
Blikkies kou 'n grassie, Dawie is die slimkop
En Rooie wil sy groottoon roer, maar die ander tone roer ook
Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak
Kwaggaberg se kloof is die swemplek van die bende
In die Fort hou hul vergadering in 'n kringetjie gebuk
En dan ontlok hul streke selfs 'n glimlag by bekendes
Maar ook 'n frons of twee as hul streke hand uitruk
Want Trompie is 'n klonk met 'n hemp wat ver uithang
Met kouse op sy skoene en 'n vuil streep oor die wang
Sy ondeunde glimlag, as hy vir sy vrinne wink
En nuwe manewales word van vooraf uitgedink
Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak ...
Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak



Авторы: Anton Goosen


Anton Goosen - Jors Troelie Liedjieboer
Альбом Jors Troelie Liedjieboer
дата релиза
01-04-2014




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.