Laurika Rauch - Grootstad текст песни

Текст песни Grootstad - Laurika Rauch



Grootstad met jou mensgemaakte ritme
Jy spog met maanlig neonligte ′n Spuitfontein langs krom verdorde bome 'n Toringhuis vol vergruisde
Drome
Grootstad met jou rookverwaaide uitsig
Jy′t my menswees ontwrig
En om net by jou te kan bybly
Versnel my hartklop net soos jy soos jy
Ek wil wegglip uit jou greep uit
En ver van jou lawaai af
Maar jou ruimte-eeu-ekstase
Keer my aan om elke draai
Grootstad met jou aangeplakte aansig
Gaan jy ooit die sluier weer laat oplig
Ons vertel hoe jy die pas kan volhou
Terwyl jy steeds jou rykdom aanhou uitbou
Grootstad ek word al meer nes jy
Te maklik om die bos gelei
Ongemerk word ek jou besit
Strompel ek ook maar in gelid
Ek wil wegglip uit jou greep uit
En ver van jou lawaai af
Maar jou ruimte-eeu-ekstase
Keer my aan om elke draai
Grootstad met jou aangeplakte aansig
Gaan jy ooit die sluier weer laat oplig
Ons vertel hoe jy die pas kan volhou
Terwyl jy steeds jou rykdom aanhou uitbou
Grootstad ek word al meer nes jy
Te maklik om die bos gelei
Ongemerk word ek jou besit
Strompel ek ook maar in gelid



Авторы: A De Swardt, Anton Goosen


Laurika Rauch - Vir Jou
Альбом Vir Jou
дата релиза
22-06-1981




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.