Laurika Rauch - Waterval текст песни

Текст песни Waterval - Laurika Rauch



My letters word 'n ou kasteel
Met torings en 'n grag
My woorde word die water wat
Geduldig op jou wag
En my sinne word die tafels
Wat ek dek vir jou koms
En tussen my paragrawe skuil
My diepste vrese soms
Maar my woorde word die waterval
Wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder
As jou hande aan my raak
Maar my woorde word die waterval
Wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder
As jou hande aan my raak
My verse word die kamers
Waar ek heeldag sit en sing
En elke woord en asemteug
Wil my na jou toe bring
En jou briewe word die vensters
Wat ek oopmaak elke nag
En soos die sterre uitkom
Word my harde hart weer sag
Maar my woorde word die waterval
Wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder
As jou hande aan my raak
Maar my woorde word die waterval
Wat woedend oor jou waak
My stem word sag en helder
As jou hande aan my raak



Авторы: Emile Minnie


Laurika Rauch - 'n Lekker Verlang Liedjie
Альбом 'n Lekker Verlang Liedjie
дата релиза
04-01-2007




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.