Songtexte




Sit weg my kitaar en sluit die kroeg
Jaag die mense weg
Ek is moeg gespeel
Ek het lank gewag
Vir dit wat verlore is
Ek moet nou huistoe
Laai die kar en sluit die boot
Sit vir fokkol van daai bitter soet
Dit is net als te veel om alleen te voel
Ek moet nou huistoe
Dalk kom ek terug
Na daai bries laat op Reineveld
Jou blond en jou groen het gevlek op my soos n flits
Soos n flits
Ek stuur vir jou n ou gedagte
N huis in die skemer dalk
N lap op die lyn
Wat wapper
N song van sterre in die nag
Dit val oor ons kinders
Dit val in jou skoot
Maak die vuur
Trek die kombers
Bel my pa en
"Ek het terug getrek na daai winter dae
Van soetwyn en stadige kos
Vir ons vriende."
Kom ons staan op Kalkbaai se muur
Waar die golwe slaan
Soos ou lovers saam
Vir die wat nog lief het
Dalk kom ek terug
Na daai bries laat op Reineveld
Jou blond en jou groen het gevlek op my soos n flits
Soos n flits
Ek stuur vir jou n ou gedagte
N huis in die skemer dalk
N lap op die lyn
Wat wapper
N song van sterre in die nag
Dit val oor ons kinders
Dit val in jou skoot
Ek stuur vir jou ons ou gedagte
N huis in die skemer dalk
N lap op die lyn
Wat wapper
N song van sterre in die nag
Dit val oor ons kinders
Dit val in jou skoot



Autor(en): Albertus Jakobus Wilhelmus Van Der Merwe, Christiaan Lodewyk Von Wielligh, Daniel Stephanus Rudolph Du Toit, Johan Moskou Du Toit



Attention! Feel free to leave feedback.
Wird geladen
Wird geladen