Laurika Rauch - Die Liefde Is 'n Wonderlike Ding Lyrics

Lyrics Die Liefde Is 'n Wonderlike Ding - Laurika Rauch



In ons lewens verskyn daar van tyd tot tyd
Dinge soos donkies en diewe
En narre en besems en die liefde
My oom is nie seker van die diewe nie,
Maar hy weet die donkie kom van Nieu-Bethesda af
My tannie die liefde, die liefde kom van die Here af
Hulle wys vir my die kruis op die esel se skouers en op sy rug
Hulle hulle dink dit staan so, ja dit staan so in die Skrif
En die skare in Jerusalem sing en skreeu hoera!
En my oom kyk die donkie het die Here ingedra
Maar hoe weet hy of hy kom of gaan
Met sulke groot oogklappe aan?
En waarheen is hy nou op pad?
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af
Die liefde laat ons lag, die liefde laat ons sing
My oom sing van die donkie - dis 'n wonderlike ding
Maar ek
Ek moet tog versigtig wees hy dat dit my nie seer maak nie
Ek ek weet nie of hy oor die liefde of oor die donkie praat nie
My tannie kyk eers boontoe en daarna kyk sy af
Kyk, van 'n donkie kan jy altyd 'n skop of twee verwag
En die donkie dra wel oogklappe maar die liefde nie
Verder is daar nie eintlik 'n verskil nie
My oom gryp 'n besem en 'n donker bril
En daar vlak voor ons op die kombuisvloer
Dans hy die dans van 'n donkie wat oor die heining loer
My tannie sing o die donkie, o die donkie is 'n wonderlike ding
Veral hy wat kan dans, en veral hy wat kan sing
Maar hoe weet hy of hy kom of gaan
Met sulke groot oogklappe aan?
En waarheen is hy nou op pad?
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af
Hulle boer nog daar op Dwarsbult, ver in die ou Karoo
En my tannie dra nog steeds daardie bril met 'n onder en 'n bo
My oom sing nie meer so veel soos vantevore nie
Hy't ook lanklaas gedans daar's glo iets fout met sy knie
Ek hoop ek het nou alles gedek dis nou die donkie en die diewe
En Jerusalem en die besem
En die sirkus en die donker bril en die hanswors
O ja, en natuurlik die liefde
Soos ek genoem het, is ons nie seker hoe die diewe dinge reël nie
Want tot dusver het niemand nog my hart gesteel nie
Wat die liefde betref, as ek van die sirkuslewe hou
Kan ek mos altyd met 'n hanswors of met 'n, met 'n donkie trou
In elk geval, dit is dan die storie van my oom en my tannie
En al die ander mense wat wil dans maar nie kan nie
Dadadada ...



Writer(s): Chris Torr


Laurika Rauch - Laurika Rauch Sing Die Liedjies Uit - Stuur Groete Aan Mannetjies Roux




Attention! Feel free to leave feedback.