Sorina - Boeretango Lyrics

Lyrics Boeretango - Sorina



Dis die Flooze, my broer, wat vir jou koekeloer
Soek 'n man met kuite soos 'n regte mielie-boer
Wat sy pad kan vat, 'n Toyota tweede rat
Kan sokkie sakkie sakkie dat die spoeg so spat
Dis die Flooze wat koekeloer
Dis die Flooze wat cruise deur die platteland
Haar oophou vir 'n hardebaard man
Wat 'n slag kan slat met 'n kwepersweep
Kan bulder as hy lag soos die donderweer
Dis die Flooze
Dis sy wat cruise
Die boer soek 'n vrou
Maar die Flooze soek 'n ou
Wat skoffel en kan swaai
Kan sê: "Ek's lief vir jou."
Gee haar 'n roos met 'n liggie vir 'n very special vrou
Hy moet haar styf soos 'n bobbejaan spanner vas kan hou
Hy moet klou!
"Papie, jy met die khaki en die kuite."
"Eksuus, dame?"
"Dame!? Jy's nogal romatic, eh? My voete juk nou steam. Kan jy skoffel stoffel? Ons gooi dit balke toe!"
Hy doen die windpomp dans
Sy doen die cha-cha-cha
Hulle two step twist, twist, twist
Hy spin haar like this, this, this
Dan volg die kalfie wals
Hy vat 'n koeksuster draai
"Ai, Ai, Ai, Papie, jy kan dans, eh?"
"Nooi, dis die Boeretango daai!"
Dis die Flooze, my oomie
Sy't 'n oog op jou
Sy sien hoe jul op Witbank by die dam gan trou
Met 'n foxtrot, a vastrap, 'n tikkie draai
Tot die hoenders en die hane in die oggend kraai
Dis die Flooze
My oomie, sy watch jou!
Die boer soek 'n vrou
Maar die Flooze soek 'n ou
Wat skoffel en kan swaai
Kan sê: "Ek's lief vir jou."
Gee haar 'n roos met 'n liggie vir 'n very special vrou
Hy moet haar styf soos 'n bobbejaan spanner vas kan hou
Hy moet klou!
"My Khaki koning, jy better hierdie muurblommetjie pluk vir nog 'n langarm rondte."
"Dis reg, juffroutjie."
"Nee, nee, nee, ek gee nie skool nie, maar ek kan jou altyd 'n paar lesse leer! Gooi hom, Papie!"
Hy doen die windpomp dans
Sy doen die cha-cha-cha
Hulle two step twist, twist, twist
Hy spin haar like this, this, this
Dan volg die kalfie wals
Hy vat 'n koeksuster draai
"Ai, Ai, Ai, Papie, jy kan dans, eh?"
"Nooi, dis die Boeretango daai!"
Oee, I'm spinning in love...




Sorina - Ek Watch Jou
Album Ek Watch Jou
date of release
30-09-2011




Attention! Feel free to leave feedback.