Adam Tas - Draadloos Dae paroles de chanson

paroles de chanson Draadloos Dae - Adam Tas



Die son gooi miracles in die vaal ou Karoo
My pa draai die Blaupunkt sy volume to bo
En ons luister vir Elvis Oom Ge en Koos Doep
En die ou bruin Audi vreet die myle stuk vir stuk op
In die klipkerk se skadu op Graaf-Reinett
Is die bruin kar se tank vol en die drywer mik regs
Om na die verkwikking weer rigting te kry
En die windpomp waai vir my as ons verby ry
En onthou jy nog die draadloos dae
Van storietyd op stembamba (?)
En my oupa wat tussen die stasies wonder
Wat die hel doen André Stander
En onthou jy nog die draadloos dae
Met ouma wat so biddend vra
Sal die weerman ons van die reën kom vertel
Wat sy op haar knië bly bestel
Wat sy op haar knië bly bestel
En sometimes verlang ek naar die ou Karoo plaas
Met sy wilgerboom sunsets en die draadloos wat blaas
Ja die emoties voel soos 'n duisend jaar terug
Maar Koos Doep se woorde hang vir altyd in die lug
En 'n glimlag diep in die lyne om sy
Van 'n man wat net in die Bybel en die twee uur nuus glo
En 'n kort ronde tannie wat agter hom staan
Met een vaatdoek en 'n vliëplak sal sy self die droogte verjaag



Writer(s): Kobus Bezeuidenhoud, Adam Tas


Adam Tas - Want Jy is Boer
Album Want Jy is Boer
date de sortie
16-05-2014




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.