Andries Bezuidenhout - Tussen Hogsback en Keiskammahoek paroles de chanson

paroles de chanson Tussen Hogsback en Keiskammahoek - Andries Bezuidenhout



Draai af dorp-uit by Craig en Lana se kroeg
Die pad is lank, vat padkos, ry vroeg
Daar agter Tim en Ilze se plek versteek
'N Mensgemaakte loch en ʼn biblioteek
Eers plantasies dan inheemse woud
Kaapse papegaai en ʼn Piet-my-vrou
'N Misbank lig die son loer in
In die vallei daar onder het die dag begin
Ek en jy wat rigting soek
Op die pad tussen Hogsback en Keiskammahoek
Net ek en jy ʼn grondpad en klowe
Lewers tussen Hogsback en Qobo Qobo
Lewers tussen Hogsback en Keiskammahoek
Lewers tussen Hogsback en Qobo Qobo
Spitsrondawels met skelturkoois mure
Aalwynheinings met grasdakskure
Beeste wat in spikkels teen die heuwels beur
As jy swartwattels uitkap groei geelhout weer
Izincuka het eens hier geskuil
Soms kan jy hulle nog in die klowe hoor huil
Bo die gesuis van sonbesies hier
Of die stil geruis van die Wolwerivier
Dis net ek en jy wat rigting soek
Op die pad tussen Hogsback en Keiskammahoek
Net ek en jy ʼn grondpad en klowe
Lewers tussen Hogsback en Qobo Qobo
Lewers tussen Hogsback en Keiskammahoek
Lewers tussen Hogsback en Qobo Qobo
Gedink ons kan afpak gedink ons kan bly
Maar mense soos ons ry net verby
Gedink hier's ʼn hawe waar ons kan vasmeer
Maar mense soos ons ry maar net deur
Dis net ek en jy wat rigting soek
Op die pad tussen Hogsback en Keiskammahoek
Net ek en jy ʼn grondpad en klowe
Lewers tussen Hogsback en Qobo Qobo
Lewers tussen Hogsback en Keiskammahoek
Lewers tussen Hogsback en Qobo Qobo



Writer(s): Andries Bezuidenhout


Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
Album Spoorlangs
date de sortie
01-06-2021




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.