Bittereinder - Donderwolk paroles de chanson

paroles de chanson Donderwolk - Bittereinder



Rondomtalie om en om, donker soos ′n donderwolk, alles is nog opgefok
Kots drip oor my trotse tong, verraai ek net my eie volk?
Hoor ek nog die stem van God?
Skryf hierdie op Kersfees,
Dominee in die kerk preek, hoor jy hoe my hart breek?
Kan jy dalk die vuur wees?
Medisyne vir die vrees, kan jy my ook aansteek?
Neonligte flikker, elektriese ritme, die donker kom van binne
Rook blaas in kringe,
Ruik dit op jou vingers, ons almal is nog kinders
Whiskey bottel uitgedrink,
Ou dinge weer uitgevind: ek's die vlees wat tyd verslind
Spook soos ′n warrelwind, v
Erloor dit soos die government, nee wag, ek's OK met dit
Oooooooo Here God vat my nou
Vat my nou, vat my nou
Want ek kan niks meer onthou nie
Oooooooo Here God vat my nou
Vat my nou, vat my nou
Want ek kan niks meer onthou nie
Oooooooo Here God vat my nou
Vat my nou, vat my nou
Want ek kan niks meer onthou nie
Ek loop soos 'n spook rond, s
Keur soos ′n oop wond, iets in my bly hoopvol
Blaf soos ′n groot hond, s
Tilte in my dood-mond, sluk my soos die oop grond
Boxing Day is uitgereën,
Hartseer in die algemeen, jakkals wat my wakker skree
Nog 'n jaar is ingekleur, n
Og ′n droom is uitgevee, nog iemand het opgegee
Mense wat met geld speel,
Digitale selfbeeld, dít moet mos die hel wees
Bons tot my nek breek,
Mans moet mos sterk wees, dinge wat ons wegsteek
Tyd is op vir boek skryf,
Flieks wat ek nog moes kyk, leemtes in 'n huldeblyk
Stemme in die woestyn,
Roep my deur my bloedlyn, kom Jaco, dis sulke tyd
Oooooooo Here God vat my nou
Vat my nou, vat my nou
Want ek kan niks meer onthou nie



Writer(s): Bittereinder, Jaco Van Der Merwe, Louis Minnaar, Pierre-henri Van Pletzen


Bittereinder - Donderwolk
Album Donderwolk
date de sortie
17-11-2017




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.