Coenie de Villiers - Katedraal paroles de chanson

paroles de chanson Katedraal - Coenie de Villiers



In my kerk is daar geen dak nie
Geen relief of skildery nie
Geen kandelaar wat hoog moet hang nie
Almal kan hier toegang kry
Want my kopel is die hemel
Hoog genoeg vir al die sterre
Breed genoeg vir die planete
Hier sal jy stilte
Hier sal vrede
Hier sal jy rus by my
In my kerk is daar geen mure
Wat n horison beperk nie
Daars geen deure of geen slot nie
Geen register om te merk nie
Want die berge is die seile
Waar die arende kan skuil hou
Ja die vlaktes is vloere
Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
In my kerk is daar vensters
Wat met brandglas kleure blink nie
Nagmaal brood wat jy moet breek of
Wyn wat iemand nog moet skink nie
Want in die kerk sien jy die kleure
In die skemer as die son sak
As laaste wolke saampak
Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry
In my kerk is daar koor of
Orel wat die rus verstoor nie
Hier vra niemand vir jou geld nie
As jy bieg sal niemand hoor nie
Want die storms is perkussie
En die wind wat nooit wil rus nie
Maak musiek met al die bome
Hier sal jy stilte
Hier sal jy vrede
Hier sal jy rus by my
Kom kry.



Writer(s): Coenie De Villiers


Coenie de Villiers - Sielsgebed
Album Sielsgebed
date de sortie
17-11-2016




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.