Johannes Kerkorrel - Die Sirkusdier paroles de chanson

paroles de chanson Die Sirkusdier - Johannes Kerkorrel



Ek is hier, ek is hier, ek is hier
Die algemene sirkusdier
Ek sing in elke dorp en stad
Elke gehug, elke skou, elke nuwe expo
Ja en ek het veel talent ontvang
Want ek kan soos 'n engelkie sing
Maar my vlerke het gesmelt
Toe ek te hoog wou vlieg
En vir my straf moet ek live deur Suid Afrika dans
En sing tot die kamer verdwyn
Tot die saal en die mense vervaag
Tot ek vergeet hoe lank die pad is
Wat daar buite op my wag
Tot ek myself 'n oomblig vermaai
Ja ek gooi my pêrels voor almal in die grag
Ek haal my beste nommer uit
Ek haal nog eens die hoë noot
Maar my hart is nie meer op my mou nie
Want die swyne het dit gister vetrap
Maar soms, ontvang ek blomme
Word ek gekus deur die dorp se blondiene
In die televisie ateljee
Roep die gaste my naam
In 'n speletjies program
Is ek 'n item in 'n vraag
Vir 50 randjies wat's my naam
Ja my dienste word orals verlang
In elke dorp waar die mense die hof nar verlang
Soms word ek verag
En soms toe gejuig
Die kritisie is verplig om my altyd met iets te lig te vind
Ek bly nooit vir te lank
Want môre word ek elders verwag
Nog 'n hotel, nog 'n bed
Nog 'n kamer met ontbyt
Nog 'n teater waar die mense
Weer lag vir my nuutste grap
Ek sing tot die kamer verdwyn
Tot die saal en die mense vervaag
Tot ek weet hoe lank die pad is
Wat daar buite op my wag
Tot ek myself 'n oomblig behaag
Tot ek myself net iets minder haat ja
Tot ek myself en die mense behaag
Ja en ek sien hoe hulle lag
As ek gly en ek val
Maar ek troos my daaraan
Elkeen het vir 'n kaartjie betaal
Ja ek troos my daaraan
Elke hond kry sy dag
En ook ek kan myne verwag
Ook ek kan myne verwag
Ja en ook ek kan myne verwag



Writer(s): Johannes Kerkorrel


Johannes Kerkorrel - Die Ander Kant




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.