Laurika Rauch - Die Mense Wat Ek Lief Het paroles de chanson

paroles de chanson Die Mense Wat Ek Lief Het - Laurika Rauch



Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy
En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie
En as daar ′n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
'N Ekstra liefdeslaag om my
So marsjeer ek deur die wêreld
Gepantser teen die vuur
Die onaantasbaarheid self
Ek met my menskombersie
Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar ′n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek
Wat net nie wil genees nie
Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy
En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie



Writer(s): Anton Goosen, Stephan Bouwer


Laurika Rauch - Grootste Treffers Vol. 1
Album Grootste Treffers Vol. 1
date de sortie
22-04-1991




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.