Laurika Rauch - My Hart Is 'n Bok paroles de chanson

paroles de chanson My Hart Is 'n Bok - Laurika Rauch



Fors gestalte wat hoog bo my uittroon
Gitswart hare en hemelblou
By hom sal ek ′n ewigheid kan woon
Hy't die seer van die lewe trotseer en sy mensheid behou
Hy sal veel eerder gee as om te neem
Hy doen dit omdat dit hom vreugde bring
Met hom hier vlak by my voel ek nooit alleen
Ek het geen verweer teen die liefde wat my hart binnedring
En my hart is ′n bok wat teen my ribbes spring
My bloed 'n borrelende rivier wat deur my are bruis
Daar's salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis
Nooit sal ek vervulling ken ek nie
Dit sal die leuen van alle leuens wees
Die liefde is die mag wat my gebied
Dis die soet op my tong en die vrede diep in my gees
En my hart is ′n bok wat teen my ribbes spring
My bloed ′n borrelende rivier wat deur my are bruis
Daar's salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis
En my hart is ′n bok wat teen my ribbes spring
My bloed 'n borrelende rivier wat deur my are bruis
Daar′s salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis
Daar's salige gevaar hier in die arms wat my omkring
Want die liefde dreig om my te vergruis
Want die liefde dreig om my te vergruis



Writer(s): Kupido


Laurika Rauch - Jy Is Te Dierbaar (Remastered)
Album Jy Is Te Dierbaar (Remastered)
date de sortie
13-11-2020




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.