Laurika Rauch - Vir 'N Pepermossie (Voortaan Sal Ek Winterskemer Vleilangs Loop) paroles de chanson

paroles de chanson Vir 'N Pepermossie (Voortaan Sal Ek Winterskemer Vleilangs Loop) - Laurika Rauch




Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop
Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemelruim hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop



Writer(s): L. Hofmeyr, W.van Der Merwe


Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.