Laurika Rauch - Wals, Wals Willemien paroles de chanson

paroles de chanson Wals, Wals Willemien - Laurika Rauch



Daar's 'n ou jukebox op 'n karoo plaas
Waar die mense nog van legendes praat
Waar 'n blues-kitaar nog jou siel kan raak
En 'n vinyl jou hart soos 'n neut oopkraak
En sy sê: 'How about a light and I'll play you a tune
Ietsie van die Beatles wat jou siel sal roer
Dalk 'n bietjie Stevens op sy vredestrein
Of 'n titsel Bob Dylan met sy stem - asof vol wyn
En wals, wals Willemien
Deur die lewe op jou droommasjien
It's a rollercoaster ride and a heck of a fight
Maar voor jy moed opgee, begin jou lewe te draai
Sy het groot geword by 'n ou plaasskool
Tussen Castrol-blikke en 'n geroeste Ford
(Dis daar waar sy leer skryf het en om mens te wees) -
'N bietjie meer oor die siel en minder oor die vlees
En sy sê: 'How about a light and I'll play you a tune
Ietsie van die Beatles wat jou siel sal roer
Dalk 'n bietjie Stevens op sy vredestrein
Of 'n titsel Bob Dylan met sy stem - asof vol wyn
En ek wals, wals Willemien
Deur die lewe op jou droommasjien
It's a rollercoaster ride and a heck of a fight
Maar voor jy moed opgee, begin jou lewe te draai
Wals wals wals Willemien (wals Willemien)
Deur die lewe op jou droommasjien
...so wals Willemien



Writer(s): Christoph Kotze


Laurika Rauch - Wals, Wals Willemien
Album Wals, Wals Willemien
date de sortie
05-01-2014




Attention! N'hésitez pas à laisser des commentaires.